Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 24 JANUARIE 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-
Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en
QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as
Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op
verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink
herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad by
www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins
per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG;

STUUR JOU NOMINASIES VIR TOEKENNINGS NOU REEDS IN

NASA STAAK ‘N RUIMTELOOP VOORTYDIG

SARL @ HOME GELEENTHEID 31 JANUARIE

EN VIND MEER UIT OOR DIE SKRIKKELJAAR UITDAGING

Bly ingeskakel vir meer hieroor asook ander belangrike nuus.


Klubs en ander SARL lede word uitgenooi om benoemings vir die verskeie trofees
en ander toekennings wat jaarliks tydens die SARL se AJV toegeken word nou reeds
in te dien. Die sluitings datum vir hierdie benoemings is reeds 31 Januarie
2016. Jy kan ‘n persoon in die volgende kategorieë benoem.

Lewenslange ere lidmaatskap – Die SARL se hoogste eer.

Die Willy Wilson goue wapen – Deur de raad toegeken aan ‘n persoon of persone
wat gedurende die afgelope jar uitsonderlike diens aan die liga gelewer het.

Die Jack Twine toekenning – erken kwaliteite soos mededeelsaamheid,
onberispelike radio tegniek en ook ‘n werklike belangstelling in amateurradio
in al sy fasette. Hierdie uitsonderlike toekenning gaan aan ‘n persoon wat deur
sy mede amateurs aangewys word as iemand wat hierdie kwaliteite het en
daardeur die toonbeeld van ‘n verdienstelike amateur is.

Arthur Hemsley 2 meter trofee – word deur die raad toegeken aan ‘n amateur vir
sy of haar individuele prestasies op die twee meter band. Hierdie trofee word
toegeken aan ‘n persoon vir uitsonderlike prestasies met AMA of troposferiese
voortplanting. Dit word nie noodwendig toegeken vir die langste afstand gewerk
op die betrokke band nie.

Barney Joël trofee – toegeken aan enige lid van die SARL vir die beste mobiele
werking op HF gedurende die afgelope jaar. Die toekenning kan gemaak word aan
‘n individu vir diens gelewer tydens veldrenne of enige ander openbare diens.

ICOM uitnemendheids toekenning – toegeken aan ‘n amateur wat deur sy of haar
aktiwiteit internasionaal aandag op Suid Afrikaanse amateurradio gevestig het
gedurende die afgelope jaar. Dit kan wees vir BHF/UHF langafstand werking wat
deur die IARU erken word, of deur diens aan die Republiek van Suid Afrika deur
middel van wetenskaplike navorsing op die amateur bande.

Joseph White Plaak – Toegeken vir uitsonderlike prestasies op die 432 MHz band
gedurende die afgelope jaar. Die toekenning is nie vir die langste afstand
gewerk nie.

Bert Buckley Ses meter Trofee – toegeken aan radio amateurs vir uitsonderlike
prestasies op 6 meter. Weereens nie vir die langste afstand gewerk nie maar
eerder vir uitsonderlike prestasie.

Tinus Lange 7066 Tegniese uitnemendheids toekenning – toegeken aan persone wat
‘n tegniese projek in dien in een van die volgende kategorieë: Ontwerp en/of
konstruksie van ‘n voor-versterker, Stande Golf Verhouding Brug, koppelvlak, outomatiese
identifikasie apparaat, praktiese antenne idees, radio maste, idees vir
draagbare werking, kragbronne en Enige sagteware vir gebruik deur radio
amateurs.
Die item moet waar moontlik tydens die SARL AJV ten toon gestel kan word en
indien dit nie prakties is weens die grote of kompleksiteit daarvan nie moet
daar ten minste fotos of ander materiaal beskikbaar wees vir tentoonstelling.

Die fotos sal ook dan in Radio ZS gepubliseer word. Die toekenning behels ‘n
sertifikaat en R 1000-00 kontant.

SAATI toekenning – Toegeken aan die amateur wat die digitale kommunikasie veld
uitmuntende bydraes gemaak het tot die amateurradio gemeenskap in geheel
gedurende die afgelope jaar. Hierdie toekenning is vir ontwikkeling en nie vir
operasionele werk nie.

** Rick Roderick, K5UR, is verkies as die ARRL se 16de President. Die ARRL Raad
het die ARRL Eerste vise-president Rick Roderick, K5UR, van Little Rock,
Arkansas, as die ARRL President verkies. Die Raad het hierdie aksie geneem
tydens sy 2016 Jaarvergadering op 15 en 16 Januarie. Rick het die amp amptelik
aanvaar vir 'n termyn van 2 jaar by die sluiting van die Jaarvergadering en
volg Kay Craigie, N3KN van Blacksburg, Virginia op wat sedert 2010 vir drie
termyne gedien het. Rick is al 48 jaar 'n radio amateur en is aktief op HF en
BHF/UHF.

** NASA het die 15de Januarie 'n ruimteloop wat ruimtevaarders Tim Peake, KG5BVI
en Tim Kopra, KE5UDN, gedurende die vroeë oggend onderneem het kortgeknip. Die
twee was besig met die vervanging van 'n spannings reguleerder, naby die sonpanele van die

Internasionale Ruimtestasie, wat in November onklaar geraak het.
NASA beheer beskryf dat 'n klein hoeveelheid water in Kopra se ruimtehelm aangemeld was.
NASA het die ruimte loop omstreeks 17:00 UTC gestop.

Die voorval herinner ons aan die 2013 probleem toe ruimtevaarder Luca Parmitano,
KF5KDP se helm onverklaarbaar begin vul het met water. Die situasie was as
dringend beskou en Parmitano en mede ruimtevaarder Chris Cassidy, KF5KDR, was
toe ook gekanselleer. NASA het daarna die water opbou toegeskryf aan probleme
met die verkoeling stelsel.

Die 15 Januarie ruimtewandeling was die eerste vir Peake en die derde vir
Kopra. Peake, die eerste Britse ruimtevaarder en Kopra het by die ISS in
Desember aangekom. Alle Amateur Radio toerusting op die ISS word gereeld
gesluit tydens sulke ruimtewandelinge en dit het effektief die beplande
herdenking stadig aftas TV-uitsendings uitgestel.

** Hierdie is ‘n ope uitnodiging om aan te sluit by die pret tydens die SARL@home
geleentheid wat op 31 Januarie gehou word.

9:00 Registrasie vir die klas B kurses
9:30 Ontmoet die nuwelinge en hul ouers
10:00 Hammies veld stasie by die NARS die ZU groepie werk op 40 meter
10:30 Verwelkoming deur Nico van Rensburg ZS6QL
11:00 Die nuwe RSGB Video oor amateurradio
11:15 Verversings
11:30 YOTA aanbieding deur Koos Fick - ZR6KS
11:45 2016 YOTA Oostenryk span aankondiging
12:00 Foto geleentheid
12:15 Algemene bespreking – 5 MHz band plan

** Jy word uitgenooi om deel te neem aan die Skrikkeljaar Uitdaging op Maandag
29 Februarie 2016 en soveel kontakte maak as wat jy kan op hierdie dag. Die
uitdaging begin om 00:01 die oggend en eindig om 23:59 SAT die aand, alle modusse en alle bande.
Werk 'n stasie slegs een keer, ongeag van die band, modus of roepsein.

Stuur jou logstaat per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za voor middernag Woensdag 2
Maart 2016. Die logstaat ontvang met die meeste QSOs sal SARL lidmaatskap wen
vir 2016/2017. As jy nie deelneem nie, sal jy moet wag tot 2020, die volgende
skrikkeljaar, om die datum 29 Februarie in jou logboek te skryf!

** Die vlooimark van die Oos Rand Radio klub vind plaas op 30 Januarie 2016
Moenie uit mis op enige spesiale aanbod wat gebied mag word nie. Bring sake vol
geld asook die hele familie en vriende.
Die vlooimark begin om 12H00 die middag van die 30ste Januarie 2016
Om 'n tafel te bespreek kontak vir Judy by zs6erb@gmail.com of per foon by
0797302030 of ook vir enige navrae aangaande die vlooimark.
Kom proe die lekkerste boerewors wat jy nog ooit geproe het.

HF VOORTPLANTINGVOORSPELLING:

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan
wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir
ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte
effektiewe sonvlektelling van ongeveer 51 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. 10 m openinge
is ook moontlik.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


DIE AMATEURRADIO DAGBOEK:

25 Januarie - Sluitingsdatum vir jou BHF/UHF artikel vir die Februarie Radio ZS
30 Januarie - SARL@Home by die NARS
31 Januarie - Die sluitingsdatum vir nominasie vir die Raad en die indiening
van mosies vir die AJV
31 Januarie - sluitingsdatum vir die Somer QRP logstate
13 en 14 Februarie - die SARL Nasionale Velddag
15 Februarie - sluitingsdatum vir die PEARS BHF/UHF logstate
22 tot 24 April - 2016 SARL Nasionale Konvensie in Sasolburg

Om mee af te sluit, onthou asseblief om jou benoemings vir toekennings tydens
die SARL Algemene Jaar Vergadering voor 31 Januarie in te dien.


Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om
nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te
dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die
Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later
as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today".
Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie
herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n digitale weergawe deur
Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30
plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos
aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur
frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga,
saamgestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR,
en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe.

Totsiens

/EX







Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003